Laerskool P.A.M. Brink se geskiedenis

Die ontstaan van Laerskool PAM Brink 'n Hollandsmediumskool is in 1915 gestig met 133 leerlinge. Voorsiening moes gemaak word vir die steeds toenemende Afrikaansprekende deel van die bevolking. Op 8 April 1919 is Mnr. Philippus Albertus Myburgh (P.A.M.) Brink aangestel as hoof. In 1920 word sy skool die Afrikaansmedium Skool van Springs. Later is dit die Dagbreek Skool genoem en word die moederskool van alle Afrikaanse skole wat later sou kom. Dagbreek Skool het geweldig gegroei en in 1934 meer as 1 300 leerlinge gehad. Skole is afgestig naamlik Werda en Geduld-Afrikaansmedium. Geduld-Afrikaansmediumskool is op 27 Julie 1936 afgestig. Die skoolgebou is in Augustus 1936 in gebruik geneem. Mnr PAM Brink was vir 27 jaar lank skoolhoof. Hy was raadslid, Burgemeester en Voorsitter van die Hospitaal raad. Ook op sportgebied het hy leiding gegee. Sy skool was die eerste om rugby te speel. In 1923 het hy die eerste rygbyklub gestig. Die totstandkoming van die Oos-Transvaalse Rugby Unie was grootliks aan hom te danke. Laerskool PAM Brink is die tweede oudste skool in Springs. Die eerste hoof was Mnr CG van Niekerk wat vir 2 kwartale waargeneem is. Mnr Zietsman het diens as Hoof aanvaar in Januarie 1937. Na 10 jaar het Mnr JJ Botha hom opgevolg as hoof. Gedurende sy termyn van 8 jaar is die skool se naam op 15 September 1948 verander na Laerskool PAM Brink ter ere van die vader van Afrikaansmedium onderwys in Springs. Na Mnr Botha was Mnr SL Mostert (Aug 1955) vir 10 Jaar skoolhoof. Op 29 Mei 1964 le Me IM Brink eggenote van Mnr PAM Brink die nuwe skool se hoeksteen en op 26 Februarie 1965 stel die Direkteur van Onderwys - Mnr A Koen die nuwe saal amptelik in gebruik. Ander hoofde van hierdie skool was Mnr DJ Theron (5 jaar); Mnr AFC Paul (17 Jaar) ; Mnr GHP Hattingh (15 Jaar) en tans is Mnr Anton Jansen van Rensburg die hoof vanaf Junie 2007. Ons skool is tans 108 jaar oud, waar die naam van ons skool P.A.M. Brink, 75 jaar oud is.

278739221_1171344013618987_6961431508615198398_n